Local newsSport

Nigel oorrompel ERU

Nigel versewig hulle posisie in die Merlin Liga.

Nigel Rugbyklub het die naweek in hulle Valke Merlin liga wedstryde teen East Rand United (ERU) in Boksburg te staan gekom.

Nigel was vasbeslote op hulle posisie bo-aan die Merlin Liga te versterk met die wedstryde wat besig is om einde se kant toe staan.

Nigel se eerste span het die wedstryd met 59-8 beklink.

Teen rustyd was Nigel reeds 38-8 voor.

Nigel het in die proses nege drieë gedruk en geslaag met sewe doelskoppe.

‘n Stormlopie deur Nigel teen ERU.

Die punte was as volg aangeteken:

Drieë: Juandre van Dyk (1), Leuan Cobus (1), Graig Pienaar (1), Rhys Thompson (1), Lean Els (2) en Steven Kok (3). Doelskoppe Steven Kok (7).

Die speler van die wedstryd was Steven Kok.

Nigel se tweede span het 52-0 met die wedstryd weg gehardloop. Die rustyd telling was 24- 0 in Nigel se guns gewees.

Nigel se tweedes het sewe drieë in die proses gedruk met ses suksesvolle doelskoppe.

Nigel op die aanval.

Nigel se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Pierre Mansour (1), Andrico Potgieter (1), Henry van Biljon (1), Stephen Baartman (1), Koos Lotter (2) en Ruan Nell (2).

Doelskoppe: Stephen Baartman (6).

Die speler van die wedstryd was Koos Lotter.

Nigel se volgende wedstryd is 10 Augustus teen Elsburg op se Elsburg veld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button