Plaaslike vegter wys sy staal
Ferreira het ook in 2023 by die IMMAF jeug Kampioenskappe met ‘n brons medalje weg gestap.
Sebastian Ferreira (18) van Ability Academy, Heidelberg het onlangs teen Itumeleng Mabilo in die Heartfelt Arena te Pretoria te staan gekom tydens die MMA Versus Fight Night 10 kragmeting.
Die geveg was in die liggewig afdeling en dit was Ferreira se derde geveg as ‘n amateur.
Ferreira het die geveg in die derde ronde gewen toe hy sy opponent met ‘n “rear naked choke” laat opgee het.
Ferreira het sy twee vorige gevegte ook gewen en is besig om naam vir homself te maak in die sport.
Sy vorige twee gevegte was op 21 April waar hy in sy eerste geveg as kampioen gekroon was en toe weer op 18 Mei weer aan die wenkant was.
Ferreira het ook in 2023 by die IMMAF jeug Kampioenskappe met ‘n brons medalje weg gestap.
Volgens die MMA reëls kan ‘n persoon net as amateur veg van 18 jaar en ouer. Sebastian het nou al drie gevegte gehad waar hyself nog onder die 18 jaar kerf is.
“Ons is al die afgelope twee jaar hard aan die werk vir Sebastian reg te kry om as amateur te kan veg. Tot nou toe het ons gewag vir die dag dat hy wel 18 word en nou is die wêreld sy oester,” sê Stefan Pretorius, Ability Academy se hoof afrigter.
“Sebastian is ‘n voorbeeld vir die ander studente en sy uithou vermoë en werksverrigting word deur talle raakgesien.
“Om te sê dat ek trots is op hom is verseker” sluit Pretorius mee af.