Volkies laat waai op die sportveld
Leerders van die skool het die afgelope tyd in verskillende sport soorte uitfeblink.
Leerders van die Hoër Volkskool was die afgelope tyd met goeie welslae bedrywig op die sportvelde.
• Perdry
Hoër Volkskool het ‘n derde plek by die Sanesa Saddleseat Nasionale Kampioenskap vir skole behaal.
• Hokkie
Volskool se dogter hokkiespanne het onlangs aan ‘n binnemuurse hokkietoernooi deelgeneem.

Die uitslae was:
o14 Volkskool 5 – Benoni High School (o15) 4
o15 Volkskool 3 – Edenvale 4
o16 Volkskool 1 – St Dominic’s (o15) 1
o16 Volkskool 3 – Benoni High School (o17) 0
Volkskool Rising Stars 0 – St Dominic’s eerstes 4
Eerste span Volkskool 2 – St Dominic’s eerstes 4

• Rugby
Twee rugbyspanne van Volkskool het deurgedring na die Noord-Vaal Skild trofee uitspeelwedstryde op 17 Augustus.
Die o16A span speel teen Hoërskool Ben Vorster tuis om 10:00 terwyl die o15A weg speel teen Ben Vorster om 09:00.

• Tennis
Volkskool seuns en meisie eerste tennis spanne het onlangs aan die Wilson Uitdaagbeker by Sun City deelgeneem.
Die seuns was as algehele wenners gekroon toe hulle Sentraal Hoërskool van Bloemfontein in die finaal geklop het.

Die spanne het bestaan uit:
Seuns: Brian Wiggle, Biehan Wepener, Huib Sprong, Willem-Jan Sprong.
Meisies: Luné Wepener, JB Bauer, Jané Wepener en Anika Kritzinger.



