
Verskeie leerders van die Gekombineerde Skool Balfour sprei ok hul vlerke buite die klaskamer.
• Perdry
Tali van der Merwe het aan die Penbritte Dressage perdeskou deelgeneem.

Tali en paar perd, Mawarda het deelgeneem in ‘loop en trippel’ asook ‘prelim een’, waar hulle in beide ‘n tweede plek behaal het.
• Krieket

Balfour se eerste krieketspan het teen Hoërskool Voortrekker te staan gekom.
Balfour het die wedstryd met 83 lopies gewen.
• Klein Kwagga
Balfour se bekroonde Klein Kwagga, Dirco Jansen van Nieuwenhuizen (8) is steeds besig om naam te maak waar hy in verskeie televisie advertensies te siene is.

Klein Kwagga is tans te sien in ‘n versekering makelaars advertensie sowel as groot kettingwinkel advertensie.
Behalwe die advertensies word Kwagga gereeld bespreek vir musiek optredes, feeste en konserte regoor Suid-Afrika.
Klein Kwagga het in 2023 sy naam op almal se lippe gehad toe hy op die verhoog gedans het op die maat van Bernice West se Lyfie.