Local newsSport
Krieketspelers en langasems laat nie op hulle wag nie
Verskeie Volkie leerders is gekies om provinsiale spanne te verteenwoordig.
Leerders van die Laer Volkskool het die afgelope tyd goed presteer op die sportvelde.
Vier krieket spelers is gekies is vir Sedibeng spanne.
Blake Haskins, Tjaard du Plessis en Stephan Botha het die o12 South Area span gehaal en Ronaldo Braun die o13 Sedibeng span.
Verskeie van die skool se landloopatlete is gekies om Vaaldriehoek te verteenwoordig tydens die ASA Landloop Kampioenskappe wat op 7 September plaasvind by die Isak Steyl Stadion Vanderbijlpark.
Die atlete is Amoné Roos, Klarabelle Coetzee, Rowan Bolton, Christiaan Lewis, Adriaan Coetzee en Ruben Marais.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



