Local news

Wat gebeur in Heidelberg en Nigel

What is happening in Heidelberg and Nigel

HEIDELBERG

6 September

Die Suikerbos Atreeoord bied hul lente sang optrede aan om 10:00 in die saal by Freemanstraat 2. Vir meer inligting kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

1 to 7 September

Remember the first week in September is Arbor Week. If your school or organisation is planting a tree or doing something special for arbor week, let us know. Send an e-mail to letitiav@caxton.co.za

14 September

Masincedane presents a morning in the great outdoors starting at 07:00 at the Wild Lodge in Heidelberg.

Entrance is R100 per person. Celebrate spring with a walk in nature. Stalls, live entertainment, lucky draw, jumping castle and food stalls. For more information, contact Christine Kruger at 083 468 3358.

21 September

A street shower is held for the less fortunate at AGS Kairos Church in Voortrekker Street from 06:00 to 12:00. The street shower is a mobile hygiene service for people experiencing homelessness and will provide a place for homeless individuals to take a hot shower, receive clean clothes, and experience basic self-care. Help with donations of hygiene care items, clothing and toiletries are requested.

For more information, contact Yolandi Daschner at 081 840 8449.

24 September

Aventhaven Aftreeoord hou hul jaarlikse mark ten bate van die oord vir Erfenisdag. Die mark word by Kairos Kerk in Voortrekkerstraat gehou. Vir meer inligting, kontak Carina Schröder by 082 449 4120.

28 September

Suikerbos Aftreeoord bied ‘n aand van kuier, dans en musiek aan saam met die Suikerbosorkes en platejoggie Rudie Kraft om 18:00 by Freemanstraat 2, ten bate van die Silverakker. Toegang is R50 per persoon. Bring eie piekniekmandjie en iets te drinke.

Bespreek teen 24 September by kantoor 016 349 5180.

1 tot 2 November

Heidelberg Hoop saam met die span van Kwêla reël die groot makietie om die titel as Dorp van die Jaar te vier. Meer besonderhede sal volg. Hou intussen die datum oop. Vir meer inligitng kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.

Weekliks:

• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaak groepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.

• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.

• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Dinsdagmiddag om 14:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om saam te sing en vir die lente optrede te oefen. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord kliniek bied elke Woensdag van 11:00 tot 13:00 verskeie noodsaaklike dienste aan die gemeenskap. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir besprekings asook koste navrae.

NIGEL

14 September

AP Kerk Nigel reël ‘n stap vir Bybels ten bate van Bybel verspreiding. Alle stappers word uitgenooi om saam te stap. Daar sal ook stalletjies wees en uitstallers is welkom. Om stalletjies te bespreek of vir meer inligting, kontak Elsa Greyling by 083 703 1763.

28 September

Earth Owl gaan by Jerico plakkerskamp kuier vir die dag en benodig hulp in die vorm van klere, komberse of speelgoed. Daar woon tans 30 mans, 27 vroue en 8 kinders. Vir meer inligting, kontak Roche Pepler 060 482 1280.

5 tot 7 Desember

NG Kerk Nigel-Oos gemeente hou ‘n Kersmark en is op soek na uitstallers. Om jou stalletjie betyds te bespreek, kontak Maryke Jonker by 061 507 5071.

Weekliks:

• Nigel Clean-Up het verskeie projekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak Ilze Willemse by 079 850 4791

• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at the conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333.

Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button