Local news

Vrywilligers help senior burgers

Vrywillige dienste word by die Suikerbos Aftreeoord aangebied.

Die Suikerbos Aftreeoord in Freemanstraat is die tuiste van menige senior burger.

Die oord beskik oor gewone wooneenhede sowel as Silwer Akker en die nuutste toevoeging Goue Akker.

Drie van die dienste wat by die oord aangebied word is dié van ‘n persoonlike afrigter, skoonheidsterapeut en masseuse.

Al die dienste is vrywillig en die verskillende diensverskaffers doen dit omdat hulle vir die gemeenskap en veral die ouer inwoners van Heidelberg omgee.

Lusie Kruger is ‘n persoonlike afrigter wat ‘n sagte plek vir die ouer geslag het en graag ‘n liefde vir oefening kweek.

Lusie is twee keer per week by die Suikerbos waar sy help om te verseker dat die inwoners kan oefen en jonk van gees bly.

Voor Lusie by die oord ingeskakel het, het sy ook haar dienste in Nigel aan die ouer inwoners beskikbaar gestel.

“Ek probeer om te help dat die mense hulle dagtake makliker kan verrig, stres te verminder en die oefeninge is ook a natuurlike antidepressant,” sê Kruger.

‘n Verdere diens wat aangebied word is dié van die skoonheidsterapeut, Shané de Bryun.

Sy sien graag dat die inwoners weer goed oor hulself voel.

“Na Covid het die meeste mense minder begin omgee hoe hulle lyk en ek wil weer hê dat hulle goed oor hulself moet voel. Ek is mobiel en sal na hulle wonings toe gaan om hulle daar te help,” sê Shané.

‘n Derde diens wat by Suikerbos is die dié van Pieter Fourie, ‘n vrywillige masseuse.

Pieter Fourie.

Fourie is meeste van die tyd by die oord, en is beskikbaar op te help met enige tipe massering wat benodig word.

“Ek is nie ‘n biokinetikus of fisioterapeut nie maar werk hand aan hand met hulle om te verseker dat die senior burgers makliker oor die weg kan kom.

“Ek voel dit is my plig om ons ouer inwoners te help. Ek weet hulle sukkel by tye om oor die weg kan kom en as ek op enige manier kan help om dit vir hulle makliker te maak is alles die moeite werd,” het Pieter gesê.

Shané de Bryun.

Indien enige bejaarde inwoner; hetsy van ‘n aftree-oord of ander instansie of selfs die gewone publiek van die dienste wil gebruik maak kan hulle Lusie Kruger by 076 090-7816 skakel of Shané de Bruyn by 079 963-1298 en Pieter Fourie by 067 343-3262.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button