Nigel spanne dring deur na Merlin finaal
Twee spanne van die Nigel Rugbyklub het op 7 September in die Valke Merlin Liga halfeindstryde gespeel en vir hulself ‘n plek in die finaal bespreek.
Die eerste span het teen Elsburg uitgedraf en die tweede span het VUT die stryd aangesê in wedstryde wat op die John Vorster Stadion beslis is.
Nigel se eerste span het die meeste van hulle kanse gebruik gemaak en het Elsburg 49-22 verslaan.
Die halftyd telling was 28-3 in Nigel se guns gewees.

Elke keer as Nigel se agterlyn begin hardloop het met die bal, was daar gevaarligte gewees en Elsburg moes keer dat nie meer punte op die telbord gesit kon word nie.
Nigel se punte was aangeteken deur: drieë: Simba Jange (2), Ieuen Cobus (1), Lincoln Baadjies (1), Steven Kok (1) en Graig Pienaar (1); doelskoppe: Lincoln Baadjies (3) en Jannas van Dyk (2) en strafdoele: Lincoln Baadjies (3).
Die eerste span speler van die wedstryd was Simba Jange.
Nigel se tweedes het ook oorwinning gesmaak deur VUT met 20-17 te wen.
Nigel se tweedes het die meeste speelwerk in die eerste helfte gedoen en het met rustyd reeds 17 – 7 voorgeloop.

Die tweede helfte was taai gewees waar VUT 10-3 aangeteken het.
Nigel tweedes se punte is aangeteken deur drieë: Lean Els (2), George Fritz (1), doelskop: Handerik Deyzel (1) en strafdoel Handerik Deyzel (1).
Die tweede span spelers van die wedstryd was Lian Pelzer en Henry van Biljon.
Beide die spanne speel op 14 September teen Benoni Northerns in die finaal.
Die wedstryde word op die Barnard Stadion in Kempton Park gespeel.




