Sebastian Ferreira is reg vir sy titelgeveg
Ek veg vir Heidelberg en sy mense sê Sebastian.
Sebastian Ferreira (18), geaffilieer is by Ability Academy, ding op 14 September mee om die liggewig titel by Versus Fight Night 10.
Ferreira gaan in die geveg, wat by die Heartfelt Arena in Pretoria plaasvind, teen Jason McKay te staan kom.
Dit sal ook Sebastian se eerste titelgeveg wees.
“Ek is van nature ‘n kompeterende persoon. Ek probeer altyd om die hoogste standard te stel,” het Ferreira gesê.
“Hiermee wil ek Heidelberg verteenwoordig en vir die mededingers wys dat Heidelberg vir niemand gaan terugstaan nie,” het hy bygevoeg.
“My afrigter, Stefan Pretorius, maak altyd seker dat ek reg is vir my gevegte en hy is beslis iemand wat ek ‘n ware mentor kan noem.
“Sebastian oefen al 10 jaar by Ability Academy en met harde werk is hy gereed om te wys wat in hom steek,” het sy afrigter, Stefan Pretorius, gesê.
“Sebastian het al deurentyd gewys dat hy die regte mentaliteit het om dit ver in die sport te bring,” het Pretorius gesê.