Heidelberg Gereformeerde Kerk ontvang 81ste erfenis plaatjie
Die hoeksteen was deur President Paul Kruger gelê.
Tony Burisch van die Heidelberg Erfenisvereniging het Vrydag die 81ste blou plaatjie in Heidelberg onthul.
Die blou plaatjies word toegeken aan erfenis geboue en geskiedkundige instansies, wat bly staan het ongeag wat gebeur het en vir die erfenis behoue gebly het.
Die Gereformeerde Kerk se oorspronklike kerk gebou word nou as ‘n saal gebruik en die eerste hoeksteen daarvan was op 26 April, 1890 gelê.
Volgens historiese inskrywings word dit beweer dat President Paul Kruger die hoeksteen gelê het.

Drie maande later is die kerk in gebruik geneem.
Die eerste predikant by die Gereformeerde Kerk was Ds S Snijman.
Snijman was bevestig en het sy diens opgevat op 31 Julie, 1891.
Hierdie dominee het nie net Heidelberg bedien nie, maar so ook gemeentelede so ver as Bethal en Middelburg gehad.
Hy is in Bethulie, Vrystaat op 30 September 1859 gebore.

Sy se eerste gemeente was Barkley-Oos en daarna het hy homself in Heidelberg gevestig.
Philippus Stephanus Snyman was die seun van Johannes Hendrik Snijman en Susanna Sophia Snijman (nee Viljoen).
Die oorspronklike ontstaan van die Gereformeerde gemeente van Heidelberg dateer ongeveer 1860.
Met die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog in 1899 het Snijman saam op Kommando gegaan om te help veg in die oorlog.
Snijman het ook as veld prediker opgetree. Tydens die Anglo-Boereoorlog het hy siek geword en op 17 Januarie 1900 gesterf.
Hy is in die Kloof Begraafplaas in Heidelberg begrawe.

Leraars in die kerk na Snijman was WJ de Klerk (1903-1904), Petrus Postma (1906-1919), Derk Rumpff (1920-1922), NJ van der Walt (1925-1947), SJ du Plessis (1947-1953), MJ Opperman (1953-1956), PC Snyman (1957-1960), PJ Pelser ( 1961-1967), FN Lion-Cachet ( 1967-1970), LJ Buys (1970-1987), DG Breed(1987-1995), SD Snyman (1995-2004), JH Howell (2004-2013), SJM Swanepoel Smit (2014–2023) en Werner Brotherton 2024.
Die borg vir die 81ste blou plaatjie is Jaap Breed.



