Local news

Blou plaatjie vir Gereformeerde Kerk

In die hoeksteen verskeie items.

Die Heidelberg Erfenisvereniging het op 13 September die 82ste blou plaatjie vir erfenis in Heidelberg onthul.

Dié blou plaatjie is onthul by die Heidelberg Gereformeerde Kerk se nuwe kerkgebou.

Die nuwe kerk was op 9 Desember, 1950 opgerig, waar die hoeksteen destyds deur mev ds NH van der Walt gelê is.

Die leraar van die kerk was op die stadium ds SJ du Plessis.

Die Gereformeerde Kerk, Heidelberg.

Verskeie elemente is in die hoeksteen ingebou, insluitend ‘n oorkonde met die handtekeninge van die kerkraadslede, die geskiedenis van die kerkgebou, ‘n almanak van die Gereformeerde Kerk van 1950, ‘n dagblad, ‘n kerkblad, ‘n reeks muntstukke asook ‘n plan van die kerkgebou.

Die ingebruikneming van die kerkgebou het op 27 Oktober 1951 plaasgevind.

Jaap Breed en ds Werner Brotherton by die blou plaatjie wat onthul was.

Op die perseel waar die kerk vandag staan is die oorspronklike Gereformeerde Kerk, wat tans as die kerk se saal gebruik word, asook ‘n kothuis waar die destydse boere oorgebly het wanneer hulle die dorp besoek het om die nagmaaldienste by te woon.

Die nagmaal was elke drie maande gehou.

Die kothuis wat as slaapplek gedien het vir boere wat nagmaal kom gebruik het.

Volgens inskrywings het die boere was dit kon bekostig in die kothuis oorgebly terwyl ander op die kerk se perseel in hulle ossewaens oorgeslaap het.

Daar is nog heelwat oorspronklike meubelstukke in die kerk, wat vandag nog in gebruik is.

Ou Bybels en brille ens wat deur kerkgangers gebruik was.

Die huidige leraar is ds Werner Brotherton.

Jaap Breed is hierdie blou plaatjie se borg.

Die kerk se plafon.
Die binnekant van die kerk.
Een van die oorspronklike deure.
Die hoeksteen wat in 1950 gelê was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button