Local news

Kinders word aangemoedig om te lees

Die kinders het elkeen drie boeke ontvang om die liefde vir lees te bevorder.

Solidariteit Helpende Hand Nigel-tak het op 16 September kleuterskole en dagsorgsentrums in Nigel besoek, waartydens die belangrikheid van lees aan die kinders beklemtoon is.

Elke kind het ook drie boeke ontvang.

Daar is besoek gebring aan Het’s Dagsorg, Mari Liefieland Babaskool, Laerskool Tini Vorster en Laerskool Hannes Visagie.

‘n Skoolkind wys hoe lyk een van die boeke wat geskenk was.

“Ons wil die kinders bewusmaak van sekere waardes wat met die letter O gepaard gaan naamlik, opvoeding, opleiding en ontwikkeling,” het Nico Janse van Vuuren, takvoorsitter van Helpende Hand, Nigel gesê.

Die leesboeke is geskenk deur Bookdash met die tema ‘It’s my Book – Will read it’, van die Ngizoyfunda projek.

Bawelile Rose Mthembu ‘n verteenwoordiger van die Ngizoyfunda projek het genoem dat as vroeë kinderontwikkeling ondernemers is dit die onderwysers, ouers en skole se verantwoordelikheid om ‘n liefde vir boeke by die kinders wakker te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button