Charné Herman ‘n Graad Nege leerder aan die Hoër Volkskool het tydens die skoolvakansie die Sedibeng Wrestling Association verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Amateur Stoei Kampioenskap in Stellenbosch.
Charné het ‘n Suid-Afrikaanse silwer medalje verower in die presidente afdeling in haar gewigsafdeling asook ‘n goue medalje vir meisies o15.
Sy het hiermee ook Suid-Afrikaanse Amateur Stoei kleure vir die tweede keer verdien.
Buiten die stoei prestasies het Charné verder kleure in ander sportsoorte verwerf. Sy het Gauteng kleure vir kragoptel gekry, Valke kleure vir meisies rugby en Sedibeng kleure vir amateur stoei.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



