Local newsSport

Heidelberg tweede krieketspan wen Crosby Legends

Heidelberg kolwers baljaar teen Crosby Legends.

Heidelberg se twee krieketspanne is besig met hulle bepaling in die Gauteng Leeus liga.

Die Heidelberg tweede span het teen Crosby Legends in die SU5 Sondag liga gespeel.

Die wedstryd het in Lenasia plaasgevind.

Crosby Legends het 291 lopies almal uit aangeteken in 42.4 boulbeurte.

Heidelberg se SU5 span het in hul antwoord 292 vir die verlies van vyf paaltjies aangeteken in 36.2 boulbeurte.
Daardeur wen Heidelberg die wedstryd met vyf paaltjies.

Die uitstaan spelers in die boul afdeling: Jordan Jacobs drie paaltjies vir 44 lopies, Clifton Matthysen twee paaltjies vir 25 lopies en Adrian Myburgh twee paaltjies vir 44 lopies.

Kolwers: Clifford Mathysen 126 lopies van 70 balle, Tielman Breedt 42 lopies van 52 balle en Barend Spies 36 lopies van 27 balle.

Die eerste span was veronderstel om teen Delfos krieketklub in die Presidents liga op die Unieveld te speel op 2 Februarie.

Die wedstryd was weens weerlig en reën afgelas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button