Local newsSport
Krieketklubs deel die punte na onvoltooide wedstryd
Die weer het die laaste sê in die krieket wedstryd gehad.

Heidelberg Krieketklub President A-span het op 9 Februarie teen VUT President A-span in die Lions Krieketliga te staan gekom.
Die wedstryd, wat tyd aangedrewe was, is op VUT se krieketveld gespeel.
Elke span moes twee keer in die wedstryd kolf.
Heidelberg het eerste gekolf en het 208 lopies aangeteken in 54 boulbeurte.
VUT het geantwoord met 83 lopies almal uit in 29 boulbeurte.
Daarna het Heidelberg weer gekolf maar die weer het die laaste sê in die wedstryd gehad.
Daar was geen verdere spel nie en beide spanne het die punte gedeel.
Heidelberg se uitstaan spelers was:
Kolwers: Dinecho Visser (63), Buffie van Heerden (43) en Dylan Aucamp (49).
Boulers: Dinecho Visser (vyf paaltjies vir 40 lopies in 14 boulbeurte) en Bryan Pretorius (4 paaltjies vir 25 lopies in agt boulbeurte).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.