Local newsSport

Plaaslike vegter word deel van EFC Contender Series

Sebastian en sy afrigter Stefan Pretorius neem binnekort aan die Afrika kampioenskappe deel.

Sebastian Ferreira (18) ‘n ster vegter van Ability Academy het op kort kennisgewing ‘n geleentheid gekry om sy staal weer in ‘n geveg te wys.

Sebastian gaan op 20 Maart aan die EFC (Extreme Fighting Championship) Contender Series 2 deelneem.

Die geveg is vir amateur vegters met die oog om ‘n moontlike professionele kontrak los te veg.

Daar gaan agente by die toernooi wees om te sien wie vang hulle oog en wie potensiaal het.

Die geveg gaan by die World Sporting Betting Arena in Johannesburg plaasvind.

Sebastian gaan op die aand teen Jethro Swan te staan kom in die liggewig afdeling.

Die talentvolle vegter het in sy ses gevegte tot op hede gewys waartoe hy in staat is. Hy het al ses gewen met drie wat voor die tyd gestop was.

Ferreira se greep wat sovêr die beste vrugte afgewerp het is die ‘rear naked choke’.

“Ek is gereed vir die geveg en met die ondersteuning wat ek van my afrigter ontvang sal ek alles in die stryd gee om bo uit te kom” sê Sebastian.

Na die toernooi gaan Sebastian en sy afrigter Stefan Pretorius vanaf 4 tot12 Mei Angola toe om aan die Afrika kampioenskappe deel te neem.

“Ek is baie opgewonde oor die rigting wat Sebastian ingaan.

“Ons doen al die voorbereiding sodat hy gereed is vir sy geveg by die EFC contender Series, asook vir die Afrika Kampioenskappe” sê Pretorius.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button