Local newsSport

Berge vaar goed tydens Sasol rugbydag

Daar word baie fokusgeplaas op die spelers se dissipline en fiksheid die jaar.

Heidelberg Rugbyklub se eerste sowel as tweede spanne het die afgelope naweek na Sasolburg gereis om aan Sasol Kobras se rugbydag deel te neem.

Berge se eerste span het Kempton Wolwe 51-0 gestoomroller en gewys dat hulle die seisoen ‘n krag in die Merlin liga gaan wees.

Heidelberg het altesaam nege drieë gedruk en drie doelskoppe oorgeskop.

Heidelberg se dissipline was uit die boonste rakke en het net drie strafskoppe en een vryskop in die hele wedstryd afgestaan.

Daar was wel twee lynstane wat hulle verloor het maar die res het Berge heeltemal oorheers.

Die eerste span se punte is as volg aangeteken: Drieë: Isak de Beer (1), Zander du Toit (1), Morné Vermeulen (3), Werner Griessel (1), Jeandré Goosen (1), JJ Minnie (1) en Damian Grace (1). Doelskoppe: Kevin Schutte (2) en Armand Wessels (1).

Kevin Schutte maak gereed om pale toe te skop.

Die speler van die wedstryd was Morné Vermeulen.

Die tweede span het teen Vanderbijlpark se eerste span te staan gekom.

Vanderbijlpark het die wedstryd in die laaste minuut beklink nadat die Berge tot in die laaste paar sekondes voorgeloop het.

Zander du Toit net nadat hy sy drie gedruk het.

Heidelberg moes hard werk om Vanderbijlpark se groot voorspelers in toom te hou.

Die span het wel ‘n paar lynstane verloor maar andersins was daar min te kies tussen die twee spanne.

Heidelberg se tweede span het een drie, wat deur Jaco Els gedruk was, aangeteken en Kevin Schutte het die doelskop oorgeskop.

“Die spanne werk hard aan hulle dissipline en fiksheid die jaar.

“Ons wil verseker dat ons reg is vir wat op ons wag en nie onkant gevang word nie,” het Jaco van Rensburg, Heidelberg Rugbyklub se voorsitter gesê.

Heidelberg se volgende wedstryde is op 22 Maart wanneer hulle teen Carltonville se twee spanne op Volkskool se veld speel.

Die eerste wedstryd skop om 14:20 af en die hoof wedstryd sal 16:00 om begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button