Local news

Laer Volkskool leerders maak naam vir hulself

Die Volkie leerders het uitgestyg bo die res.

Leerders van die Laer Volkskool het die afgelope tyd goeie welslae in netbal en atletiek behaal.

Shantelize Schoeman (o12) is deur na die volgende ronde netbalproewe waar sy die Sedibeng-span by die Gauteng proewe gaan verteenwoordig.

Twee hoogspring atlete wat aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem het, Steph Pretorius en Limari Ernst het met silwerware huis toe gekom.

Steph Pretorius o10 het ‘n eerste plek losgespring met ‘n hoogte van 1.35m en Limari Ernst o10 het tweede gekom in haar afdeling met ‘n hoogte van 1.25m.

Pretorius en Ernst tesame met Ashley Burke o13 (hoogspring) en Christiaan Lewis o12 (1 200m) is in die Gauteng-span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button