Local newsSport

Besigheidsliga het nuwe kampioene

Spanne kan uitsien na die lente rolbal besigheidsliga wat in Oktober plaasvind.

Die herfs besigheidsliga wat deur Heidelberg Rolbalklub aangebied was het vanjaar, net soos vorige jare, nie teleurgestel nie.

Die finale ronde het op 27 Maart plaasgevind met die top spanne naamlik AutoCity Mahindra (12 punte), CA Financial en Freestock 1 (11 punte) en EHS Industries het (10 punte) wat die voortou geneem het.

Die weer het nie saamgespeel op die finale aand nie maar dit het nie ‘n demper op die gees en entoesiasme van die spelers geplaas nie.

Herman van der Merwe verwelkom die spelers op die laaste aand.

Die spanne het in die reën gespeel en hulle rondes elk voltooi.

Daar was regdeur die toernooi goeie gesindheid tussen die 28 spanne wat ingeskryf het, te bespeur.

“Ek wil elke speler bedank vir hulle deelname en goeie gesindheid regdeur die toernooi,” het Herman van der Merwe, onder voorsitter van die Heidelberg Rolbalklub gesê.

Die besigheidsliga wenners is CA Financial met hul wentrofee/ Van links: Elmarie Eygelaar (Heidelberg Rolbalklub voorsitter), Werner Strydom, Lientjie Steinberg, Carmen Britz en Brendan Strydom.

“Julle maak dit die moeite werd dat ons die liga twee keer per jaar aanbied.

“Ons as die rolbalklub sien elke keer daarna uit om gasheer vir die toernooi te speel,” het van der Merwe bygevoeg.

Reën op die finale aand van spel het nie ‘n demper op die geesdrif van die spelers geplaas nie.

Die puntestand na die finale aand was soos volg:

Die wenspan is CA Financial met 15 punte gevolg deur Freestock 1 en Multivac 2 met 13 punte elk en AutoCity Mahindra en Stage Zero met 12 punte elk.

Die top “toucher” was Paul Rademeyer van AutoCity Nissan Nigel met 11 gevolg deur Carel Scholly Snr van AutoCity Kia Nigel met nege en Juan Venter van Stage Zero met agt.

Paul Rademeyer van AutoCity Nissan Nigel in aksie.

Die geesbeker was welverdiend weer deur LTE Glass en Alluminium gewen.

Die lente rolbal besigheidsliga sal in Oktober plaasvind.

Elmarie Eygelaar en die geeswenners, LTE Glass en Alluminium.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button