Local newsSport

Berge gee goeie rekenskap van hulself in eerste Valke Presidentsliga wedstryd

Alhoewel die Berge met 'n voorsrong op die telbord begin het kon hulle net nie daarin slaag om 'n wen aan tetek nie.

Die jaar se Valke Presidentsliga wedstryde het die naweek afgeskop.

Heidelberg het na Meyerton gereis vir hulle liga bepalings teen NWU.

Die wedstryd reëls verskil heelwat van gewone wedstryd reëls.

Dit het veroorsaak dat Heidelberg voor die afskop reeds ’n voorsprong van 26 punte op die telbord gehad het.

Berge het goeie rekenskap van hulself gegee maar moes die aftog blaas met ‘n eindtelling van 59 – 42.

Heidelberg het hul alles gegee en baie van die speelwerk gedoen maar NWU het Berge se foute teen hul gebruik en Berge laat boet daarvoor.

Heidelberg rugbyklub spring in ‘n lynstaan.

Die dissipline was van hoogstaande gehalte vir Heidelberg wat ook hul man in die skrums gestaan het.

NWU het ‘n geel kaart in die wedstryd gekry vir swak sportmangees weens die feit dat hulle die spel op tye baie stadig gemaak het.

Heidelberg se punte behalwe die voorsprong is as volg aangeteken:

Drie: JJ Hattingh. Doelskop JJ Minnie (1), Strafdoele: JJ Minnie (3)

Berge se volgende wedstryd sal teen Boksburg wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button