Local newsSport
Volkie netbalspelers bult hul spiere
Netbalspelers van die Volkskool het hulle beste spel na die toernooi gebring en die vrugte daarvan gepluk.
Hoër Volkskool se netbalspanne het gedurende die onlangse vakansie aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool te Pretoria se netbal toernooi deelgeneem.
Volkies se Amelia Strydom is aangewys as die beste aanvallende speler.
Arné van Tonder is vir die derde agtereenvolgende jaar aangewys as die beste verdedigende speler.
Uit die 18 skole wat die toernooi bygewoon het is Volkskool se eerste span aangewys as die span wat vyfde geëindig het.
Die o17 span het die vierde plek ingeneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



