Rugbyspelers laat spore regoor die land
Die skool se rugbyspanne het na verskillende plekke getoer en terug gekeer met kennis en ondervinding.
Die Hoër Volkskool se rugbyspanne het gedurende die onlangse skoolvakansie getoer en waardevolle ondervinding opgedoen.
Volkskool se eerste span het ‘n toer na Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen onderneem.
Tydens die geleentheid het hulle twee wedstryde gespeel en beide gewen. Teen die Hoërskool Randburg het hulle met 35-7 gewen en teen die Hoërskool Riebeeckrand met 85-0.
Die o16’s het na Hoërskool Voortrekker in Bethlehem gereis.

Die span het drie wedstryde gespeel, een gewen en twee verloor
Volkskool verloor teen Welkom Gimnasium 22-21, verloor teen Grey Kollege 28-26 en wen Goudveld 50-17.
Die o14’s het na Grey Kollege in Bloemfontein getoer.
Die o14’s het drie wedstryde gespeel ook met een wen en twee verliese.
Volkskool wen Landboudal 41-0, verloor teen Grey College B 27-13 en verloor teen Noordheuwel 52-7.




