Local newsSport

Pronthuit: Dié sportliefhebber doen alles met volharding

Sport help met jou fisieke ingesteldheid.

Stefan Pretorius bekende MMA, skopboks en Jui Jitu afrigter van Ability Academy is ‘n inspirerende persoon wat nie terugstaan vir ‘n uitdaging nie.

Stefan is in Krugersdorp gebore en het sy laerskool loopbaan in Klerksdorp begin, waarna hy sy hoërskool loopbaan aan die Hoër Volkskool voltooi het.

Die sportgogga het reeds vroeg gebyt weens die feit dat Stefan se pa, Fansie betrokke was met karate.
Hy het self tot ‘n bruin gordel gevorder.

Fansie is oorlde toe Stefan vier jaar oud was en daarna was dit vir Stefan ‘n groot droom en uitdaging om alles in sy vermoë te doen om ‘n swart gordel in karate te kry – ter ere van sy pa.

Pretorius het egter ook belang gestel in ander sportsoorte wat swem, krieket, karate en skopboks insluit.

Stefan Pretorius.

In die loopbaan van professionele beroepsgevegte het Stefan sy eerste geveg op 6 Junie 2015 gehad.

In sy private hoedanigheid is Stefan onlangs getroud en het ‘n dogter.

• Wanneer het Ability Academy sy deure in Heidelberg geopen?

“Ek het Ability Academy in 2013 op die been gebring. Ons is in die bevoorregte posisie dat ons al verskeie Gauteng, Suid-Afrikaanse en wêreld kampioene gehad wat deel van ons klub was en nog steeds is,” sê Pretorius.

• Is Ability Academy net in Heidelberg gevestig?

“Ja, ek het net die een gimnasium. Dit is uniek aan Heidelberg. Ek het wel studente wat van nabygeleë dorpe reis om hier te oefen. Ek wil net die een gimnasium hê. Dit maak dit spesiaal.”

• Wanneer is jou volgende geveg?

“Ek is van plan om binnekort weer by Versus MMA te veg. Dit gaan in die middelgewig klas wees in ‘n reeks gevegte waar mededingers uitgeskakel kan word en die uiteindelike wenner vir ‘n titel kan veg.”

• Wat is jou planne vir die nabye toekoms?

“Toekomsplanne is om vir soveel as moontlik studente die kuns van die verskillende gevegte te leer en hulle op te bou om hul volle potensiaal te kan bereik.

“Verder is ek ook as ‘n konsultant vir verskeie MMA, skopboks en Jui Jitsu vegters. Daar is al verskeie MMA en Jui Jitsu vegters wat uit Ability Academy se stal gekom het wat hul naam op die internasionale verhoog gemaak het. Om aktief te bly help met jou fisieke ingesteldheid en verbeter jou mentaliteit.”

Die geveg handskoene in die gimnasium.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button