‘n Graad 10 leerder aan die Hoër Volkskool, Charné Herman het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Kragoptel kampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem.
Charné het Gauteng in die kampioenskappe verteenwoordig en deelgeneem aan die sub junior afdeling vir vrouens onder 63kg.

Met ‘n totaal van 220kg tussen ‘squad, bench press and deadlift’ het sy ‘n goue medalje behaal, haar SA kleure ontvang en gekwalifiseer om later vanjaar aan die Wêreld Kragoptel Kampioenskappe in Costa Rica deel te neem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



