Berge klop Boksburg oortuigend
Die volgende reeks wedstryde vind op 26 April plaas, nadat die spelers 'n kort blaaskans neem.
Heidelberg Rugbyklub het op 12 April teen Boksburg Rugbyklub in die President Liga te staan gekom.
Die wedstryde waar die eerste sowel as die tweede span in aksie was, was in Boksburg gespeel.
Soos die President Liga reëls bepaal het beide spanne met punte op die bord begin speel.

Boksburg het minder punte gehad weens die feit dat hulle in die eerste uitgawe van die President Liga beter op die punteleer geëindig het as Heidelberg.
Boksburg het met nege en Heidelberg met 13 punte begin voor die afskop.
Berge het van die afskop af gewys hulle is reg vir die wedstryd met goeie samespel, dryf bewegings en verdedigingspatrone.

Hulle het die wedstryd met 68-30 gewen.
In die skrums en lynstane het Heidelberg gewys dat hulle opgewasse is en het die twee fasette heeltemal oorheers.
Die agterlyn het regdeur gevaarlik aangeval en baie probleme in die middelveld oopgekerf.
Daar was wel ‘n paar konsentrasie foute deur die Heidelbergers gemaak wat toegelaat het dat Boksburg punte kon aanteken.

Die finale punte was Heidelberg 55 – Boksburg 21.
Wanneer die punte wat voor die wedstryd aan elke span toekeken is bygevoeg word bring dit die eintelling op 68 – 30.

Heidelberg se punte was as volg aangeteken:
Drieë: Nantus Mouton (2), Zander du Toit (2), Alvin Jansen, Willem van den Heever, Ronald Rice, Werner Griessel en Enrico Janse van Rensburg. Doelskoppe: JJ Mienie (5).
Die tweede span het op hulle beurt nie terug gestaan nie en oortuigend 53-5 gewen.
Van die afskop af het die Berge se tweedes sukkel-sukkel begin maar nadat hulle hul voete gevind het, het hulle nie terug gekyk nie en verskeie goeie bewegings en samespel gebruik het om uitstekende drieë gedruk.
Die lynstane en skrums het vas gestaan en nie toegelaat dat Boksburg enigsins in die wedstryd kan kom nie.
Die volgende reeks wedstryde sal op 26 April plaasvind.




