Local newsSport

Nigel Rugbyklub oorrompel VUT 72-7

Nigel Rugbuklub het 'n goeie dag op die veld beleef en hoop om daarop voort te bou.

Die volgende ronde van die Valke Rugby Unie President Liga was op 12 April beslis.

Nigel het Vaal University of Technology by die John Vorster Stadium in Nigel verwelkom.

Met die reëls wat geld in die President Liga het Nigel op 3 en VUT op 7 punte begin voor die afskop van die wedstryd.

Nigel het van meet af hulle gebruiklike styl gespeel, gekenmerk deur hardloop rugby en rotsvaste verdediging.

Hulle het een of twee lynstane wel verloor maar hulle skrums was stewig gewees en het VUT menigmaal van die bal af gedryf.

In die eerste helfde het Nigel reeds ses drieë gedruk en vyf suksesvolle doelskoppe.

Die halftyd telling was 43-7.

In die tweede helfte het Nigel byna amper hul eerste telling geewenaar met vyf drieë en twee suksesvolle doelskoppe.

Nigel punte is aangeteken deur: Drieë: Ross Tlhako (1), Lwazi Jamani (1), TT Mokwele (1), Frikkie Jansen (2), Simba Jange (3), Sebastian Sekoto (1) en Jopa Mulomba (2). Doelskoppe: Steven Kok (7). Speler van die werstryd: Simba Jange.

Nigel tweedes het VUT tweedes 43-10 kafgedraf.

In die eerste helfte het Nigel tweedes VUT nie enige kanse gegee nie.

Nigel was sterk in die lynstane en skrums gewees. Vyf drieë en drie doelskoppe was in punte omskep teen geen punte van VUT nie.

In die tweede helfte het VUT beter begin speel en het twee drieë gedruk.

Nigel op hulle beurt het ook twee drieë en een doelskop op die telbord gesit. Die puntemakers was: Drieë: Lian Pelzer (1), Arno Helberg (1), Jannie Hough (1), Sonwabise Kama (1), Siyabonga Mngoma (1), Paul Komane (1) en Dylan Mouton (1). Doelskoppe: Clive Tellis (3) en Handerik Deyzel (1).

Andrico Potgieter was die speler van die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button