Nigel is bobaas teen Sasol Kobras
Nigel sal in die finaal teen hul bure, Heidelberg, te staan kom.
Nigel Rugbyklub het op 26 April op die John Vorster Stadion hul halfeidstryd in die Presidentsbeker teen die Sasol Kobras gespeel.
Nigel eerstes het hulle wedstryd met 33-12 gewen.
Die eerste 20 minute van die wedstryd was baie gelykop, aangesien albei spanne op hul beurt die aanvallende werk gedoen het.
Verdediging was in dié stadium die deurslaggewende faktor.

Nigel het die eerste punte op die bord gesit met ’n drie net ná 20 minute se spel, wat suksesvol verdoel is. Nigel het daarna nóg ’n drie gedruk, maar die doelskop was onsuksesvol.
Sasol het ’n drie gedruk, wat suksesvol verdoel is.
Die halftyd telling was 12-7 in Nigel se guns.
In die tweede helfte het Nigel beter begin saamspeel en verskeie bewegings opgestel wat in punte omskep is.

Nigel het nog drie drieë gedruk, met drie suksesvolle doelskoppe.
Sasol het in die tweede helfte net een drie gedruk.
Nigel het egter in die wedstryd verskeie lynstane verloor.
Nigel se punte is aangeteken deur: Drieë: TT Mokwele (1), Sebastian Sekoto (3), Pierre Labuschagne (1).
Doelskoppe: Steven Kok (4).

Nigel tweede span het harde klippe gekou en moes opvang rugby speel om uiteindelik 28-25 te wen.
Die tweedes se punte is aangeteken deur: Drieë: Andrico Potgieter (1), Thokozani Nkozi (2), Koos Lotter (1).
Doelskop: Handerik Deyzel (1). Strafdoele: Handerik Deyzel (2).
Nigel sal in die finaal teen hul bure, Heidelberg, te staan kom.




