Local newsSport

Heidelberg Rugbyklub kry ‘n nuwe verdedigingsafrigter

Harde werk in die vooruitsig om sukses te behaal.

Die Heidelberg Rugbyklub het ‘n nuwe verdeding afrigter.

Die klub het die dienste bekom van Nico Jansen van Vuuren (50).

Hy was tot onlangs nog deel van Nigel Rugbyklub, maar het nou sy gewig ten volle ingegooi by Heidelberg Rugbyklub.

Hy sien uit daarna om sy kennis met Heidelberg se spelers te deel, veral met die oog op die Valke Merlin Liga.

Sy visie is om die klub verdediging stelsel so te ontwikkel dat dit vinnig en doeltreffend in aanval kan oorgaan.

Hy is al verskeie jare, op een of ander manier, by rugby berokke. Dit sluit in afrigting by verskeie skole, asook ‘n rol as laerskool skeidsregter.

Verder het Jansen van Vuuren ook voorheen op die Brakpan Rugbyklub bestuur gedien.

Wat sy benadering tot afrigting betref, beklemtoon hy dissipline en toewyding.

“Niemand is groter as die spel nie, en elke speler moet rugby geniet,” sê hy.

Sy doel is om ’n kultuur te vestig waarin elke speler verstaan dat voortdurende selfverbetering die sleutel tot sukses is.

“Ons moet elke dag werk aan ’n beter span, klub en toekoms,” voeg hy by.

Volgens Jansen van Vuuren is dit van kardinale belang dat aanval en verdediging in harmonie funksioneer.

“Die twee dissiplines moet hand aan hand werk sodat die span suksesvol kan wees en ’n mag in die Merlin Liga kan word.

“Daar wag harde werk op ons almal,” het hy mee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button