Local newsSport
Nigel is reg vir Peregrine Liga
Twee klubs wat opgeskuif het na die liga sal mekaar die stryd aansê in die eerste ronde.
Die Valke Peregrine Liga skop vandag (17 Mei) af.
Nigel Rugbyklub het vanjaar opgeskuif na die top Peregrine Liga en is gereed om hul merk te maak.
In die eerste ronde speel Nigel teen nog ‘n span wat opgeskuif het, die Benoni Northerns Rugbyklub.
Die wedstryd word op Benoni Northerns Rugbyklub se veld gespeel.
Die tweede span wedstryd skop om 14:40 af waarna die eerste span om 16:00 hul staal op die veld sal wys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



