Berge byt vas vir ‘n sege oor Elsburg
Die volgende wedstryd vir Heidelberg is op 24 Mei teen Boksburg op Volkskool se veld.
Heidelberg Rugbyklub is tans besig met hul tweede seisoen in die Valke Merlin Liga en poog om verlede jaar se plasing op die ligabord te verbeter.
Die Berge het op 17 Mei na Germiston gereis om teen Elsburg Rugbyklub te speel.
Heidelberg het ná ’n harde wedstryd met ’n oorwinning van 37-33 van die veld gestap.
Die eerste span was teen rustyd met 18-5 voor.

In die tweede helfte moes Heidelberg egter vir ’n groot tydperk met slegs 14 spelers voortgaan nadat ’n betwisbare rooikaart teen hulle uitgereik is.
Die rooikaart en die speler minder het Elsburg in staat gestel om terug te kom in die wedstryd, maar die Berge het vasgebyt en hul man gestaan om die sege te verseker.
Heidelberg se punte is aangeteken deur drieë: Francois Vorster (3), JJ Mienie en Alvin Jansen.
JJ Mienie het drie drieë verdoel, asook twee strafdoele aangeteken.

Die tweede span sukkel steeds om die volle 80 minute se spel vol te hou en moes die onderspit delf teen Elsburg se tweedes.
Die eindtelling was Elsburg 29 – Heidelberg 7. Heidelberg het teen rustyd met 7-3 voorgeloop.
Die volgende wedstryd vir Heidelberg is op 24 Mei teen Boksburg op Volkskool se veld.



