Local newsSport

Sterk vertoning deur Nigel ten spyte van nederlaag teen Springs Rugbyklub

Nigel Rugbyklub het hul Peregrine vuurdoop teen Springs gehad.

Nuwelinge in die Valke Peregrine Liga, Nigel Rugbuklub het op 24 Mei teen Springs Rugbyklub op die John Vorster Stadion in Nigel te staan gekom.

Nigel se eerste span moes die aftog met 43-27 blaas maar is glad nie verneder in die wedstryd nie.

Dit was duidelik dat Nigel nie terugstaan vir die meer ervare spanne in die Peregrine Liga nie en die spelers is daarop uit om ander spanne hard op die veld te laat werk.

Simba Jange is op die aanval.

Springs het vroeg in die wedstryd die eerste punte op die telbord geplaas deur ‘n drie te druk wat suksesvol verdoel was.

Daarna het Nigel punte gekry deur middel van ‘n strafdoel.

Springs het in die eerste helfte nog twee drieë gedruk en met een doelskop gelsaag, met Nigel wat suksesvol was met een drie en ‘n doelskop.

Handerik Deyzel gee die bal uit.

Die halftyd telling was Springs 19 – Nigel 13.

In die tweede helfte het Springs ‘n verdere vier drieë gedruk en drie doelskopppe deur die pale gejaag terwyl Nigel punte aangeteken het met twee drieë en twee doelskoppe.

Lwazi Jumani is op die aanval.

Nigel het punte aangeteken deur drieë: Sebastian Sekoto (1) en Jopa Mulomba (2), doelskoppe: Lincoln Baaitjies (1) en Steven Kok (2) en strafdoele: Sebastian Sekoto (2).

Reginald Thabethe. was die Nigel speler van die wedstryd.

Nigel tweedes het ook teen Springs verloor, met 31-15.

Die Nigel aanval word gestuit.

Daar was altesaam sewe drieë gedruk waarvan Nigel twee drieë gekry het – een doelskop en een strafdoel.

Nigel het punte aangeteken deur drieë: Nicky Glad en TK Mdhluli, doelskop en strafdoel: Handerik Deyzel.

Nigel speel hul volgende wedstryd teen NWU in Vanderbijlpark op 31 Mei.

Lynstaan spel tussen Nigel en Springs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button