Local newsSport

Heidelberg klop Boksburg in Valke Merlin Liga kragmeting

Die eerste span het die eerste helfte oorheers met vier drieë, terwyl die tweede span Boksburg se tweedes met 50-5 verslaan het.

Heidelberg Rugbyklub het op 24 Mei hul tweede wedstryd in vanjaar se Valke Merlin Liga teen Boksburg Rugbyklub op die Hoër Volkskool velde gespeel.

Heidelberg eerstes het die wedstryd 29-10 gewen.

Die tuisspan het die eerste helfte oorheers en het teen halftyd ‘n 29-3 voorsprong gehad. Heidelberg het vier drieë in die eerste 40 minute aangeteken.

Heidelberg tweedes spring in die lynstaan.

In die tweede helfte het die tuisspan in verdediging oorgegaan en kon nie regtig aan die gang kom nie.

Hulle het wel die meerderheid balbesit en grondgebied geniet, maar kon nie verdere punte aanteken nie.

Boksburg het in die tweede helfte die Heidelberg doellyn oorgesteek vir ‘n drie en ‘n suksesvolle doelskop.

Dié drie was die gevolg van ‘n agterlyn beweging van Heidelberg wat verkeerd geloop het.

Nantus Motuon druk sy drie.

Om suksesvol in dié strawwe liga te wees, sal elke span vir die volle 80 minute op hulle tone moet wees en konsentreer.

Foute gaan beslis uitgebuit word en kan in punte omskep word.

‘n Dryfbeweging tussen Heidelberg en Boksburg.

Heidelberg puntemakers was drieë: Morne Vermeulen (2), Nantus Mouton (1) en Alvin Jansen (1), doelskoppe: Francois Vorster (3) en strafdoel: Francois Vorster (1).

Heidelberg tweedes het Boksburg tweedes met ‘n 50-5 eindtelling gestoomroller.

Heidelberg speel hul volgende wedstryd op 31 Mei teen Vaal University of Technology (VUT) in Vanderbijlpark.

Heidelberg op verdediging teen Boksburg in Saterdag se kragmeting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button