Local news

AG Visser se nageslag bring hulde aan digter by Laerskool AG Visser

'n Vertoning van AG Visser se gedigte vind op 2 Augustus in die AfriForum Teater in Pretoria plaas.

Laerskool AG Visser is ‘n Afrikaanse, waardegedrewe skool wat sy naam dra ter ere van die gesogte dokter en digter Andries Gerhardus Visser.

Visser, beter bekend as AG Visser, was ‘n geliefde Afrikaanse digter en geneesheer wat as inwoner van Heidelberg ‘n diep verbintenis met die dorp gehad het.

Laerskool AG Visser is onlangs vereer met die besoek van twee van AG Visser se familielede, Lanie Coetzer en Roanné Badenhorst.

Roanné is Visser se kleindogter en Lanie sy agterkleindogter.

Selma Marx, AG Visser Skoolhoof.

Skoolhoof Selma Marx het almal verwelkom en die leerders daaraan herinner dat Afrikaans vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier.

Tydens Lanie en Roanné se toesprake is daar klem gelê op die feit dat AG Visser baie lief was vir sy rose en verskeie gedigte daaroor geskryf het.

Visser het ook sy vrou, Lettie, sy ‘Rosie’ genoem.

Lanie het twee van haar oupagrootjie se gedigte voorgelees,’n Mandjie rose en Geen Rosie sonder sy dorinkie.

Lanie Coetzer is AG Visser se agterkleindogter. Sy het van haar oupagrootjie se gedigte voorgelees.

Op 2 Augustus sal daar ‘n vertoning van AG Visser se gedigte in die AfriForum Teater in Pretoria plaasvind.

Vir meer inligting oor die vertoning, kontak Lanie Coetzer per WhatsApp by 072 156 9181.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button