Local newsSport

Grendeltyd stokperdjie word groot versameling van 50cc motorfietse

Wat as ’n grendeltyd-projek begin het, het gegroei tot ’n versameling van meer as 200 motorfietse.

Die Heidelberg Erfenis Museum was op 31 Mei ‘n miernes van bedrywighede toe twee plaaslike motorfietsentoesiaste, Bossie Bossert en Peter Munro, hul versameling van 50cc-motorfietse uitgestal het.

Saam het die twee mans ongeveer 200 miniatuur 50cc- en ander 2-slag motorfietse in hulle versameling.

Wat in 2020 gedurende die Covid-tydperk as ’n stokperdjie begin het, het gegroei tot ’n indrukwekkende versameling.

Peter Munro (links) en Bossie Bossert.

Die motorfietse word meestal as stukkende motorfietse, wrakke of motorfietse wat nuwe of gerekondisioneerde enjins benodig, aangekoop, reggemaak en dan by die versameling gevoeg.

Die motorfietse word tans op twee plekke gestoor – Heidelberg en Kinross.

Peter Munro (links) en Bossie Bossert by van hul versameling van motorfietse.

“Ons het in die grendeltydperk met net ’n paar motorfietse begin om onsself besig te hou,” het Bossie Bossert verduidelik.

“Ons stokperdjie het oor die afgelope vyf jaar mooi gegroei. Dit is ons passie en ons geniet dit om die motorfietse nuut te maak sodat dit behoue kan bly.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button