Nigel Rugbyklub verloor naelskraap teen NWU in Valke Peregrine Liga kragmeting
Nigel se volgende wedstryd is op 7 Mei teen Brakpan op die John Vorster Stadion.
Nigel Rugbyklub het op 31 Mei teen NWU kragte gemeet in die Valke Peregrine Liga wat nou in volle swang is.
Die wedstryde was op die John Vorster Stadion in Nigel gespeel.
Nigel se eerste span het amper vriend en vyand verras en naelskraap teen die studente van NWU verloor. Die eindtelling was 38–Nigel 35.
Die Nigelliete het die eerste punte aangeteken met ‘n drie en doelskop.

Daarna was dit meestal NWU wat die speelwerk gedoen het met drie drieë en twee doelskoppe.
Nigel het wel die laaste punte in die eerste helfte aangeteken met nog ‘n drie en doelskop.
Die halftyd telling was19-14 in die guns van NWU.

Met die aanbreek van die tweede helfte was dit NWU wat vir die eerste 20 minute al die speelwerk gedoen het met twee verdere drieë en twee doelskoppe.
In die laaste 20 minute het Nigel oorgeskakel na hul vyfde rat en drie drieë gerdruk wat al drie verdoel was.

Nigel se punte is as volg aangeteken:
Drieë: TT Mokwele (1), Simphiwe Jange (1), Brian Phiri (1) en Paul Komane (2). Doelskoppe: Lincoln Baaitjies ( 5). Nigel se man van die wedstryd: Paul Komane.
Nigel se tweedespan het swaer geleef teen NWU se tweedes met ‘n eindtelling van 52-26 in NWU se guns.

Halftyd was Nigel 12-10 voor gewees.
Nigel se punte was as volg aangeteken: Drieë: TK Mdhluli (1), Juandre van Dyk (2) en Sonwabise Kama (1).
Doelskoppe: Handerik Deyzel (3). Nigel se tweedespan speller van die wedstryd: Juandre van Dyk.

Nigel se volgende wedstryd is op 7 Mei teen Brakpan op die John Vorster Stadion.
Die tweede span wedstryd skop 14:40 gevolg deur die hoof wedstryd om 16:00.



