Local newsSport

Nigel Tennisklub herleef met opwindende opedag en toekomsplanne

Onder nuwe bestuur beoog die klub om 'n spilpunt van tennisaktiwiteite in die gemeenskap te word.

Die Nigel Tennisklub het op 31 Mei hul opedag by die klub aangebied.

Die klub ondergaan tans ’n merkwaardige transformasie en bring vars entoesiasme en nuwe lewe na plaaslike tennisliefhebbers in die dorp.

Die tennisklub is onder nuwe bestuur, met verskeie planne wat sosiale tennis, afrigting en moontlike liga’s in die toekoms kan insluit.

Jong tennisspelers het die opedag geniet en meer van die spel geleer.

Tennisafrigters Joe Lodder en Thabo Matlheala het op die dag gratis tennisafrigting aangebied. Daar was ook ’n inligtingsessie oor die toekomstige planne wat met die gemeenskap gedeel is.

Verskeie seuns en meisies het die tennisbane vir die eerste keer betree, met die afrigters wat byderhand was om eerstehandse afrigting en wenke te deel.

Afrigter Joe Lodder was byderhand om raad te gee en die spel te demonstreer.

Van die toekomstige planne vir die tennisklub is die opknapping van die tennisbane se oppervlakvlakke, oefenmure, ligte wat geskuif moet word, en die aanleg van Pickleball-bane.

“Ons wil ook in die toekoms Rainbow Kids-tennis aanbied,” het Lodder gesê.

Afrigter Thabo Matlheala slaan met ‘n voorarm hou.

“Dit is ’n aktiwiteit vir kinders onder 12 jaar om hulle aktief te hou en meer van die sport te leer. Daar sal ook tennis vir skoolgaande kinders sowel as ouer spelers wees,” verduidelik hy verder.

Beide afrigters is gekrediteerde en geregistreerde afrigters by Tennis SA.

Thabo Matlheala en Joe Lodder is die afrigters by die klub.

“Ons doen ’n beroep op besighede om betrokke te raak. Daar is heelwat finansiële uitgawes wat aangegaan moet word om die klub heeltemal op die been te bring, sodat die klub tot sy volle potensiaal deur almal gebruik kan word.”

Persone wat betrokke wil raak of meer inligting wil hê, kan vir Joe Lodder by 072 538 5575 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button