Local newsSport

Heidelberg Rolbalklub se Schipper-duo wen silwer by EKB Gemengde Pare-toernooi

Die toernooi het op verskeie bane in Ekurhuleni gespeel, met die finaal op Alberton se bane, en Heidelberg se top-span het indrukwekkend deur die rondes gevorder.

Heidelberg Rolbalklub se dinamiese duo, Werner en Anri Schipper, het uitstekend gevaar tydens die EKB Gemengde Pare-toernooi.

Die finaal is op 1 Junie op Alberton se bane beslis.

Die Schipper-egpaar het in die eindstryd vasgeval teen Northmead Rolbalklub en met die silwerware as ‘n tweede plek huis toe gekom.

Die toernooi was oor die hele Ekurhuleni se rolbal klubs gespeel.

Na die eerste rondte by Alberton op 25 Mei, het die Heidelberg Schipper-egpaar eers na Delville Rolbalklub gereis op 31 Mei, waar hulle in die uitspeel rondtes en kwarteind-finaal meegeding het. Daarna was Benoni Rolbalklub in hul visier, waar hulle aan die semi-finaal deelgeneem het.

Die finaal is op 1 Junie op Benoni Rolbalklub se bane beslis.

In die semi-finaal het die Schippers ver voorgeloop, maar moes vavsbyt om die wedstryd te wen na ‘n goeie terugveg van die Delvevlle paar, wat EKB Rolbal se president Alana Warrender ingesluit het. Hulle het in die eindstryd vasgeval teen Northmead Rolbalklub en met die silwerware as ‘n tweede plek huis toe gekom.

• Op 28 Junie word daar ’n “Hot Seat”-toernooi by die Heidelberg Rolbalklub aangebied.

Dit sluit gemengde pare, 2-4-2 en “Pro Scoring” in.

Persone wat belangstel, kan die rolbalklub se voorsitter, Elmarie Eygelaar, by 082 561 0441 of die ondervoorsitter, Herman van der Merwe, by 082 576 4525 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button