Local newsSport
Heidelberg Muurbalklub spog met suksesvolle Bells-toernooi ná baanopgradering
Sias Suurd het as kampioen uit die stryd getree.
Heidelberg Muurbalklub se jaarlikse Bells-toernooi was ‘n sukses.
Die toernooi het op 27 Mei plaasgevind.

Dit is by die Heidelbergse Muurbalklub gespeel op bane wat onlangs opgegradeer is, danksy fondse wat ontvang is uit die Dorp van die Jaar-prysgeld.
Die bestuur en spelers van die klub is baie dankbaar vir dié opgradering.

Sias Suurd is as wenner van die toernooi gekroon.
Corné Botha het tweede geëindig, Nico Archer was in die derde plek, en Hannes Wahl het vierde geëindig.
Spelers wat meer oor die klub wil uitvind, kan die voorsitter, Nico Archer, by 063 769 3989 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



