Local newsSport

Volkskool gymnaste verower silwer by Gauteng gimnastiek byeenkoms

Beide gaan in September aan die nasionale kwalifiserende byeenkoms deelneem.

Laerskool Volkskool spog met twee ster gimnaste in hul geledere.

Reuben en Nathan du Toit het onlangs aan die Gauteng Festival for Artistic Gymnastics in Centurion deelgeneem.

Die byeenkoms het van 13 tot 16 Junie plaasgevind, en albei broers het die Ekurhuleni-streek verteenwoordig.

Met uitstekende vloer uitvoerings het hulle elk ’n silwer medalje verower en trots teruggekeer Heidelberg toe.

As gevolg van hierdie prestasie is albei gimnaste gekies om in September aan die nasionale kwalifiserende byeenkoms deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button