Local newsSport

Volkskool-leerder wen goud en brons by nasionale MMA’s, op pad na wêreldkampioenskappe

Arno se verhaal van passie, deursettingsvermoë en geloof neem hom na Abu Dhabi vir wêreldkampioenskappe.

In ’n uitsonderlike prestasie het Arno Carstens, ’n leerder van die Volkskool, tydens die onlangse nasionale MMA-kampioenskappe in KwaZulu-Natal ’n goue én ’n bronsmedalje losgeslaan.

Met ysterfokus het hy in sy gewigsklas oorwin, en daarna nog ’n brons ingepalm in ’n swaarder kategorie.

Hierdie merkwaardige prestasie het aan Arno ’n plek besorg in die Suid-Afrikaanse Protea-span wat in Julie aan die IMMAF Jeug-Wêreldkampioenskappe in Abu Dhabi gaan deelneem – ’n droom wat vir hom en sy ondersteuners waar geword het.

Arno se pad na sukses is een van harde werk, ’n streng dieet en onwrikbare geloof – nie net in homself nie, maar ook in sy Skepper.

Sy toewyding dien as inspirasie vir enige jong atleet met ’n visie groter as hul huidige grense.

Die wêreldkampioenskappe vind plaas van 20 tot 27 Julie en beloof om die grootste van hul soort in die geskiedenis te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button