Local newsSport

Berge wil tweede posisie hul eie maak

Ondersteuners word aangemoedig om in groot getalle by die wedstryd op te daag.

Heidelberg Rugbyklub skop vandag (Saterdag) die tweede ronde van die Valke Merlin Liga af teen Elsburg Rugbyklub.

In die eerste ronde wedstryd, wat op 24 Mei gespeel is, het Berge die knoop deurgehaak met ‘n 37-33 sege.

Tans is Heidelberg tweede op die punteleer met 26 punte, een punt voor die derde span, East Rand United.
Die wedywering vir die top posisies is fel, met Sasolburg en Elsburg op 23 punte elk wat Heidelberg jaag vir die tweede plek.

Die tweede span skop om 14:40 af, en die eerste span draf om 16:00 op die veld.

Die toegang is R20 per persoon en R20 per voertuig.

Kos sal te koop wees, maar geen koelerbokse word toegelaat nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button