Local newsSport
Nigel Rugbyklub is reg vir die tweede ronde van die Valke Peregrine Liga
Nigel leer met elke wedstryd in die Peregrine Liga.
Nigel Rugbyklub het hul vuurdoop in die Valke Peregrine Liga oorleef.
Ten spyte daarvan dat daar tans slegs een oorwinning agter hul naam staan, het die spelers met elke wedstryd beter begin speel.
In die eerste ronde op 24 Mei het Nigel teen Springs goeie rugby gespeel, alhoewel die eindtelling 43-27 in Springs se guns getel het.
Die tweede ronde van die Valke Peregrine Liga begin vandag (Saterdag), en Nigel kom weer teen Springs Rugbyklub te staan.
Die wedstryde word op Olympia Park in Springs gespeel.
Die wedstryd van die tweede span is vir 14:40 geskeduleer, en die eerste span sal om 16:00 afskop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



