Jong spelers gesoek vir Heidelberg se nuwe rugby-era
Die junior spanne oefen reeds volstoom en jong rugbyspelers word uitgenooi om aan te sluit.
Heidelberg Junior Rugbyklub het op 12 Julie weer die veld betree met verskeie opwindende wedstryde agter die blad.
Die o7- en o12-spanne van die Bergies het onlangs aan opwarmingswedstryde deelgeneem en waardevolle speltyd op die veld gekry voor die aanvang van die amptelike liga.
Die o7-span bestaan hoofsaaklik uit seuns van plaaslike skole wat saam rugby speel. Hulle het twee wedstryde gespeel, waarvan hulle een gewen en een verloor het.
Die jong Bergies het Benoni Rooi oortuigend met 55-5 geklop, maar met 45-5 teen Benoni Wit vasgeval.
Die o12-Bergie-span het Benoni in ’n spanningsvolle wedstryd met 19-17 verslaan.

Die punte is soos volg aangeteken:
Drieë: Thando Bongane, Divan Nienaber en Phillip Swanepoel.
Doelskoppe: Eddie Oosthuizen (2).
Hierdie is die eerste jaar waarin Heidelberg Rugbyklub junior spanne het, wat ’n nuwe hoofstuk in die klub se ryke geskiedenis inlui.
Die liga skop amptelik af op 26 Julie.
Jong rugbyspelers wat graag wil inskakel, is welkom om Maandae en Woensdae van 17:30 tot 18:30 saam met die spanne te oefen.
Spelers word benodig in ouderdomsgroepe vanaf o6 tot o18.
Vir navrae, kontak Christo de Wet op 082 483 1763 of Nico Rautenbach op 072 117 9998.




