Local newsSport

Bergies staan vir niemand terug nie in Valke jeugliga

Die Valke jeugliga het afgeskop en Heidelberg Rugbyklub se jong spanne het hul staal gewys.

Heidelberg Rugbyklub het vir die eerste keer in hul jare lange geskiedenis jeugspanne wat aan die Valke jeugliga deelneem.

Daar is drie spanne is o7, o11 en o12.

Met die afskop van die liga op 26 Julie het al drie spanne hul staal gewys. Een van die doelwitte van die jeugliga is om kinders te leer om saam te werk en spanwerk te ontwikkel.

Die Bergies se o7-span het twee wedstryde teen Benoni gespeel. Hulle het een verloor en een gewen. In die eerste wedstryd het hulle vasgeval met 8-0, maar in die tweede wedstryd het hulle teruggeveg en met 5-0 geseëvier.

Die o11-span het hul eerste wedstryd van die seisoen teen Boksburg gespeel. Ná ‘n harde wedstryd het Boksburg as wenners van die veld gestap.

Heidelberg o12 jeug rugbyspan op die aanval.

Die o12-span het teen Kempton Jeugklub te staan gekom en met 24-0 gewen.

Die punte is soos volg aangeteken:

Drieë: Clements Pretorius, Reghardt Rautenbach, Zayne Koekemoer en Wian van Schalkwyk

Doelskoppe: Eduard Oosthuizen (1) en Wian van Schalkwyk (1)

Die jeugklub is steeds op soek na nuwe spelers van o7 tot o13 om deel van die span te word. Oefening vind op Maandae en Woensdae van 17:30 tot 18:30 plaas op Hoër Volkskool se veld.

Belangstellendes kan Christo de Wet kontak by 082 483 1763 of Nico Rautenbach by 072 117 9998.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button