Local newsSport
Plaasjapie toernooi bring goud vir Wessel
Die stoeier het sy Sedibeng kleure verdien.
Laerskool AG Visser-leerder en talentvolle stoeier, Wessel Oosthuizen, weet hoe om valle aan te teken.
Wessel het op 26 Julie aan die Plaasjapie-toernooi deelgeneem in die o10 33kg-gewigsklas.
Tydens die toernooi het hy ‘n goue medalje losgestoei.
As gevolg van hierdie uitstekende prestasie is Wessel gekies om Sedibeng te verteenwoordig by die SA Jeugstoeikampioenskappe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



