Local news

Wat gebeur in Heidelberg en Nigel

See what is happening in Heidelberg and Nigel

HEIDELBERG

9 September: Susan Coetzer, wat die VLU-skrywer van die jaar is, sal ’n inspirerende praatjie lewer by die NG Kerk, 50 Romynstraat, Rensburg. Dit begin 10:00 en toegang is R120 per persoon. Sluit koffie, tee en verversings in.

Bespreek by Minette Roodt 072 282 8773, Susan Smit 084 568 2837 of Petra Basson 082 720 2400.

26 en 27 September: Laerskool AG Visser bied weer die gesogte KameelFees aan. Hou die datums oop. Meer inligting sal volg. Kontak Leandre Botha by 081 077 3375 vir meer besonderhede.

Weekliks:

• Die Plaashuiswinkel, 40 Begemanstraat, hou elke Saterdag van 08:00 tot 13:00 ’n rommelmark. Slegs tweedehandse goed word verkoop en geen bespreking is nodig nie. Kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420.

• Heidelberg Meander vind elke eerste Saterdag van die maand van 08:00 tot 14:00 plaas. Dit sluit in: Art in the Park by die Heritage Museum, Car Boot Sale en Market Day by Plaashuiswinkel, Heritage Tours en die Painted Drums-buiteluggallery. Vir meer inligting, kontak Melinda van der Merwe 072 134 1420. Om ’n Heidelberg Heritage-tour te bespreek, kontak Tony Burisch 072 460 9663.

• Elke Woensdag is dit Pensionarisse-dag by die Pitstop Car Wash and Diner, 26 Du Preezstraat. Was jou motor en eet daar, en kry 20% afslag op jou rekening.

• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaakgroepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp-groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling 072 840 0205.

• Die Silveroaks Parkrun vind elke Saterdag om 08:00 plaas by Houtpoort 392, Heidelberg. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5 km-roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks Parkrun-Facebookblad.

• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 09:40 ’n bingo-oggend vir afgetredenes. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 14:00 ’n “Bly kalm, ons gaan nou brei en hekel”-middag in die saal. Bring eie wol en penne en kom kuier saam. Almal is welkom.

• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ’n pannekoekfondsinsameling. Indien enige persone wil help, kan hulle Marthie Greyling 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Woensdag om 09:00 sang in die saal. Almal wat van sing hou, word genooi om saam te kom. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden 079 974 7221.

• Die Suikerbos Aftreeoord-kliniek bied elke Woensdag van 10:00 tot 12:00 die volgende mediese dienste aan: bloeddruk R10, suikertoets R25, cholesterol R70, BMI R25, toedien van inspuitings R30, skoonmaak van ore R70 en wondsorg R50. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak 016 349 5180 vir navrae.

Nigel

29 August: Freedom Recovery Centre is hosting a fund-raiser golf day at the Nigel Golf Club, 1 Springs Road, Nigel. The format is Betterball Scramble Drive.

Cost is R2000 for a four-ball, which includes supper and two golf carts (excluding halfway house). Tee-off is at 9:00. For bookings or sponsorship contact Marthinus 063 509 8809, Keamo 083 255 9354 or email golfday@frcrehab.co.za

30 Augustus: Die Hervormde Kerk Nigel hou ’n lentefees en Colour Run. Almal is welkom. Inskrywings:

volwassenes en hoërskoolleerders R40, laerskoolleerders R20 en voorskoolkinders R10. Registrasie vanaf 09:00. Kontak Elna Holmner 083 490 7252 of Kimberly 079 805 1554 vir meer inligting.

13 September: Die AP Kerk Nigel hou hul jaarlikse Stap vir Bybels as ’n fondsinsamelingsprojek om Bybels te versprei en die Woord van God te verkondig. Kontak Elsa Greyling 083 703 1763 vir meer inligting.

• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaakprojekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak, kontak Andre Moolman 076 811 4953.

• Springs/Nigel Wessa Branch and Friends of Marievale Nature Reserve meet every second Saturday of the month at 09:00 at the conference centre, Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson 072 373 7151, Dee Johnson 073 501 6333 or email friendsofmarievale@gmail.com

• The Nigel SPCA has expanded its charity shop, selling various items, clothes and other goods. Visit them at 1 Spaarwater Road, Nigel. Contact Angela Morris 084 485 7020 for more information.

Beplan jy ’n geleentheid, fondsinsameling of funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za of WhatsApp 066 214 1913.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button