Local news
Volkskool sewes spanne wys hul slag tydens toernooi
Die toernooi was volop aksie en is goed ondersteun maar die weer het aan die einde gepla.
Twee rugbyspanne van die Hoër Volkskool het die afgelope naweek aan ‘n sewesrugbytoernooi by die skool deelgeneem.
Die uitslae is soos volg:
o15: Volkskool 12 – Hugenote 19, Volkskool 26 – Hans Moore 12, Volkskool 20 – Brandwag 20, Volkskool 19 – Hugenote 5, Volkskool 15 – Anker 12.
Volkskool se o15 span het vyfde geëindig.
o17: Volkskool 34 – Jeppe 24, Volkskool 60 – Leeuwenhof 0, Volkskool 58 – Hans Moore 0, Volkskool 28 – Helpmekaar 17.
Die finaal teen Noordheuwel was afgelas as gevolg van slegte weer. Daarom deel hulle die eerste plek met Noordheuwel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



