Die fotograwe van die Heigel Fotoklub laat hul inspirasie sterk deur hul werk blyk.
Dit was weer eens duidelik tydens die maandvergadering van die klub wat op 10 September plaasgevind het.

Die voorsitter van die klub, Dawie de Villiers, het die lede verwelkom en gesê dit is goed om te sien hoe elke fotograaf maand na maand verbeter.
Daar was 63 foto’s ingeskryf. Elke foto is individueel beoordeel en is van konstruktiewe kommentaar voorsien.
Die wenfoto’s van die maand is ook uitgewys.
Die voorgeskrewe tema vir die maand was Negatiewe spasie. Die tema-wenner was Red and Blue Horizon deur Heinrich van der Merwe.

Beste algemene wenfoto was Gariep deur Nicolaas Smith.
Anke de Villiers het die beste junior wenfoto, Fotograwe op die berg, vasgevang.
Die voorgeskrewe tema vir Oktober is panning.
Persone wat meer oor die klub te wete wil kom, kan Dawie de Villiers by 084 600 5765 kontak.
Die volgende vergadering sal op 15 Oktober plaasvind.



