Local newsSport

Die Hoër Volkskool druk stempel af by Sewes toernooi

Die sewes spanne het hulle man gestaan op die veld.

Die Hoër Volkskool se 7’s rugbyspanne was op 13 September in aksie gewees. Die o17 sowel as o15-spanne het aan die Hoërskool Hugenote se 7’s toernooi deelgeneem.

Die o15 span het hulle goed van hulle taak gekwyt en het ‘n skaflike vyfde plek los gespeel.

Die o17 span het gewys dat hulle goed gedril was en het die o17 toernooi gewen.

Die o17 uitslae is as volg: Volkskool: 28 – Hoërskool Alberton: 7, Volkskool: 38 – Hoërskool Delmas: 5.

Semifinaal: Volkskool: 24 – Hoërskool Transvalia: 17. Finaal: Volkskool: 29 – Hoërskool Hugenote: 5.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button