Local newsSport

Volkies sewes spanne vaar goed in Valke streek

Volkskool se o17 span is as Valke Streeks wenners aangewys en kwalifiseer vir Noordvaal uitspeel wedstryde.

Volkskool se twee sewes-rugbyspanne het die afgelope paar naweke aan die Valke Streek se sewes-toernooie deelgeneem.

In die finale rondte het Volkies se o.17-span skoonskip gemaak deur al hul wedstryde te wen, terwyl die o.15-span in die finaal vasgeval het.

Die uitslae is as volg:

Volkskool 35 – Kempton Park 17, Volkskool 54 – Oosterlig 5.

Semi-finaal: Volkskool – Transvalia 14.

Finaal: Volkskool 35 – Anker 7.

Volkskool se o17-span is as Valke Streeks wenners aangewys en kwalifiseer vir Noordvaal uitspeelwedstryde.
o15: Volkskool 24 – Kempton Park 7; Volkskoo: 43 – Oosterlig 7.

Semi-finaal: Volkskool 14 – Transvalia 12.

Finaal: Volkskool 17 – Brandwag 34.

Volkskool se o15-span is naaswenners in die Valke Streek en kwalifiseer vir Noordvaal uitspeelwedstryde.

Volkskool se sewes o17-span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button